Randhart Rakkertjies is ’n Afrikaanse pre-primêre skool wat deel vorm van Laerskool Randhart en word ook op Laerskool Randhart se terrein gehuisves. Kwartale en vakansies is in ooreenstemming met die laerskool. Gekwalifiseerde personeel onderneem en streef daarna om net die beste onderrig vir die kleuter te bied. Die KABV-kurrikulum (soos voorgeskryf deur die Departement van Onderwys) word vir Graad R gevolg.
MISSIE
TOELATINGSBELEID
Randhart Rakkertjies neem jaarliks aan die Albertonse Eisteddfod deel deur vir items soos voordrag, kuns en spreekkore in te skryf. Kleuters word aangemoedig om op kultuurvlak deel te neem en ’n liefde daarvoor te ontwikkel.
Randhart Rakkertjies bied Kinetix as deel van die kurrikulum aan. Kinetix is ’n fisieke ontwikkelingsprogram wat bestaan uit ’n senso-motoriese- en perseptuele oefenprogram. Die program is gemik om leeruitvalle te identifiseer en moontlike vermindering en uitskakeling daarvan te bewerkstellig.