ONDERSTEUNINGSDIENSTE

Ons hulpsentrum word beman deur  uiters professionele terapeute om leerders, sowel as hul onderwysers by te staan indien probleme ontstaan. Leerders kan gedurende skoolure deur die volgende terapeute bygestaan word:

Spraakterapeut
Arbeidsterapeut

Indien nodig, sal die skool leerders ook verwys na die volgende kundiges:
Opvoedkundige sielkundige
Maatskaplike werker
RO-spesialis
Berader

Arbeidsterapie

Is u kind ’n kandidaat?

Die doel van arbeidsterapie is om die kind op sy hoogste vlak van funksionering te kry.

Ek werk spesifiek aan:

Postuur:
Word gou moeg
Rus met kop op hand by tafel
Swak postuur in sit of staan
Leuen gedurig teen objek of lê op vloer
Grof motories:

Sukkel om die bal te vang of gooi
Stamp teen of loop in goed vas
Het stadig geleer spring of fietsry
Fyn motories:

Hou potlood verkeerd vas
Sukkel om tussen lyne te teken
Slordige skrif
Sukkel om langs lyne te knip
Sensoriese prosessering:

Baie sensitief vir reuke of klanke
Hou nie daarvan om vuil te word nie
Byt naels of suig klere
Bang vir hoogtes of vinnige beweging
Visuele persepsie:

Sukkel met kleure, vorms en getalle
Sukkel om vorms of mense te teken
Ruil letters of syfers om
Verwar links en regs
Neurologiese funksionering:

Lae spiertonus
Ogies volg objek nie eweredig nie
Ongeïntegreerde reflekse
Konsentrasie en gedrag:

Swak aandag aan take
Probleme met instruksies onthou
Kan nie stil sit nie
Stamp en stoot ander kinders

Remediërende onderrig


Leerders word deur

arbeids- of spraakterapeute, sielkundiges

en onderwysers of ouers vir remediërende onderrig aangemeld

om een of meer van die volgende redes:

In die grondleggingsfase
Uitvalle t.o.v. perseptuele ontwikkeling. (In hierdie geval is R.O. dikwels meer geslaagd as dit deur arbeidsterapie voorafgegaan of daarmee gekombineer word.)
Ontoereikende konsentrasievermoë.
Algemene stadige werkstempo.
Onbevredigende akademiese vordering in veral die drie hoofleerareas.
Op aanbeveling van die opvoedkundige sielkundige waar onderprestasie by ’n gemiddelde, bo-gemiddelde of begaafde leerder voorkom.
In die intermediêre- en seniorfase
Redes 2 – 5 soos bo genoem.

Algemene inligting
Indien ’n leerder nie reeds deur ’n sielkundige of ander terapeut geassesseer is nie, sal ’n volledige skolastiese evaluasie gedoen word en indien nodig ook ’n IK-toetsing, voor daar met terapie begin word.
Onderrig word waar moontlik in skoolure verskaf, gedurende nie-akademiese periodes asook na skool.
Klasse word hoofsaaklik individueel aangebied. Groepsklasse is nie groter as drie leerders per groep nie.
Hierdie is ’n professionele bystanddiens deur ’n privaatpraktyk en is dus vir die ouer se onkoste.

Spraakterapie

Wanneer u kind die volgende probleme ondervind, is hy/sy beslis ’n kandidaat vir spraakterapie.

Aspekte waaraan spesifiek gewerk word:

Artikulasie afwykings: “r”, “s”, “k”, “l” en “-ng”
Taalafwykings: Afrikaanse of Engelse vermenging en verwarring, swak sinskonstruksies en beperkte woordeskat
Ouditiewe persepsie uitvalle en veral analise en sintese
Spelprobleme
Lees
Hakkel

Terapie word weekliks gedurende skoolure by die skool aangebied.

© Kopiereg 2026 Laerskool Randhart - Alle regte voorbehou