Beheerliggaamslede 2024–2026

Laerskool Randhart

Beheerliggaamslede 2024–2026

Portefeulje Naam Verteenwoordiging
Voorsitter – Regsake en subsidies Adv. Willem Bezuidenhout Ouer
Ondervoorsitter Past. Darius Prinsloo Ouer
Professionele sake Mnr. Francois Venter Skoolhoof
Notulerende sekretaresse Me. Anel Louw Nie-doserende lid
Tesourier en debiteure Mnr. Sean Connoway Ouer
Borgskappe Mnr. Philip van Rensburg Ouer
Emosionele Welstand Me. Gail Steenberg Ouer
Geboue en terrein Mnr. Patrick Moroney Ouer
Akademie, kultuur en bemarking Me. Ilse Kichenbrand Opvoeder
Sport Me. Bonita Mentz Opvoeder
Tegnologie en kommunikasie Mnr. Michael Boucher Opvoeder
Onafhanklike kontrakteurs – Sportdrag Mnr. W Willemse Opvoeder

Ouers word aangemoedig om, wanneer hulle dit nodig ag, enige saak wat die skool raak onder die aandag van die hoof en die beheerliggaam te bring. bl@randhartlaer.co.za.
'n Beheerliggaam word kragtens die wet en volgens bepaalde voorskrifte elke drie jaar verkies. Dit word deur die distrikkantoor hanteer.

Finansiële komitee
Die komitee word uit lede van die beheerliggaam en bestuur van die skool saamgestel. 'n Lid van die beheerliggaam tree as voorsitter van die finansiële komitee op.

Ander komitees
Elke lid van die beheerliggaam is verantwoordelik vir 'n portefeulje waarvan hy/sy die voorsitter is. Ouers wat graag 'n inset wil lewer, kan direk met die betrokke beheerliggaamslid skakel.

Inligtingsaande
Aangesien die beheerliggaam die ouers van die skool verteenwoordig, word daar gereeld geleenthede vir kommunikasie geskep. Inligtingsaande word van tyd tot tyd gehou om die ouers op hoogte van werksaamhede te hou. Gedurende Oktobermaand keur die ouers die begroting vir die nuwe finansiële jaar op 'n algemene ouervergadering goed.

© Kopiereg 2026 Laerskool Randhart - Alle regte voorbehou