Laerskool Randhart wen die interlaer vir die 14de agtereenvolgende jaar.

ATLETIEK

Atletiek by Laerskool Randhart vind gedurende die eerste en derde kwartaal plaas.

Aan die begin van elke jaar word daar reeds op die eerste skooldag uitdunne gehou om die top twaalf naelloopatlete in elke ouderdomsgroep te bepaal. Hierdie atlete ding teen mekaar mee tydens die huissport wat plaasvind op die eerste Vrydagmiddag, nadat die skole heropen het. Tydens die huissport is alle leerders welkom om aan die velditems en langafstande deel te neem.

Na afloop van die huissport word ʼn voorlopige span saamgestel om aan die vriendskaplike byeenkomste deel te neem. Alhoewel sommige atlete verkies om van privaatafrigters gebruik te maak, is Dinsdagmiddagoefeninge by die skool verpligtend vir alle atlete. Op Dinsdagmiddae word daar weer uitdunne gehou om die span vir die volgende byeenkoms te finaliseer.

Die uitslae van al die vriendskaplike byeenkomste word in ag geneem wanneer die jaarlikse interlaerspan gekies word. Tydens die interlaerbyeenkoms, wat gewoonlik die tweede week van Februarie plaasvind, kan leerders dan deurdring na die Albertonkampioenskappe. Hierna kan atlete ook kwalifiseer om aan die Distrik-, Gauteng- en SA-kampioenskappe deel te neem.

Tydens die derde kwartaal word daar weer uitdunne gehou vir die jaarlikse massabyeenkoms. Die doel hiervan is om alle leerders wat graag wil ʼn kans te gee om aan die byeenkoms deel te neem. Uit die byeenkoms se A-wedlope word ʼn span verkies wat gedurende die volgende week aan ʼn vriendskaplike byeenkoms deelneem. Na aanleiding van hierdie vriendskaplike byeenkoms asook die eerste kwartaal se uitslae word daar dan ʼn span gekies om in Oktober aan die jaarlikse Super 12-atletiekbyeenkoms deel te neem.

Atletiekverslag: 2018

Die jaar het uitstekend begin vir Laerskool Randhart op die Atletiekbaan. Ons het in al ons vriendskaplike byeenkomste uitstekend presteer en elke byeenkoms gemaklik as oorwinnaars uit die stryd getree. Skole soos Kruinsig, Garsfontein, Impala, Concordia, en nog vele skole uit gestof.

 

Tydens die Top 20 byeenkoms wat gehou was by Ruimsig Stadion het ons algeheel 4de uit 45 skole geeindig. Ons is trots op elke Rantie wat hierdie dag deelgeneem het.

 

Tydens Alberton High se Prestige aflosbyeenkoms het ons algeheel as wenners uit die stryd getree en ons dogtersspan was ook as die beste dogtersskool aangewys.

 

Uit ‘n bemarkings oogpunt glo ek die prestasies op die atletiekveld toon ‘n goeie en gesonde beeld uit in ons gemeenskap en ons getalle sal aanhou groei as ons voortbou met hierdie prestasies.

 

Die Interlaer vind op Dinsdag 13 Februarie 2018 plaas te Hoërskool Dinamika.

 

Randhart wen die Interlaer vir die 13de jaar agtereenvolgens met 56 punte. Gevolg deur Orion, President Steyn,  Genl.Alberts en Alberview. 66 Atlete kwalifiseer om by die Alberton kampioenskappe deel te neem.

 

Tydens die Albertonkampioenskappe wat op Saterdag 17 Februarie 2018 plaasvind dring 62 atlete deur na die D6 kampioenskappe wat op Vrydag 23 Februarie 2018 plaas gevind het.

 

Tydens die Distrikkampioenskappe kwalifiseer 27 Atlete in 39 items deur na die Gautengkampioenskappe wat Vrydag 2 Maart en Saterdag 3 maart 2018 plaasvind te Ruimsig Stadion.

 

Vir die 5de agtereenvolgende jaar word ons as die beste Atletiekskool in ons Distrik aangewys  tydens die Distrikkampioenskappe.

 

Ons atlete het uitstekend presteer gedurende die Gautengkampioenskappe en 4 atlete het gekwalifiseer om aan die S.A Kampioenskappe deel te neem wat in Paarl plaasgevind het.

 

Ons atlete wat gekwalifiseer het is as volg:

 

 

Cayden Ramage (0/12)

Jané Mulder (0/13)

Charissa Botha (0/13)

Alida van Dyk (0/10)

Ruan Mulder (0/10) – Ruan ongelukkig nie toegelaat om deel te neem nie aangesien hy in die verkeerde ouderdom deelneem.

 

Hul het as volg presteer gedurende die Gautengkampioenskappe:

 

Cayden Ramage – 75m Hekkies – 1ste plek, 150m Hekkies – 4de plek

Jané Mulder – 1500m – 2de plek

Charissa Botha – 800m – 2de plek

Alida van Dyk – 70m Hekkies – 1ste plek, 80m – 3de plek, 100m – 3de plek

Ruan Mulder – 1200m – 3de plek.

 

Tydens die S.A Kampioenskappe het ons atlete as volg presteer,

 

Cayden Ramage – 75m Hekkies – 2de plek, 150m Hekkies – 4de plek

Jané Mulder – 1500m – 4de plek

Charissa Botha – 800m – 3de plek

Alida van Dyk – 70m Hekkies – 3de plek, 80m – 5de plek, 100m – 3de plek