Snoepie en koffiewinkel

06:30 – 15:30

Ons moderne snoepie en koffiewinkel is

baie gewild by leerders, ouers en onderwysers.

Ouers kan voor skool etes vir leerders bestel.

Leerders met bestellings kan dan pouse vinnig hul etes

in die bestellingry kom afhaal.

_________

Snoepiekaartstelsel

Aan die begin van die skooljaar word elke graad 1-leerder

voorsien van sy eie unieke snoepiekaart met ʼn foto op.

Instruksies word saam met die kaart uitgereik

en sodra u die kaart aanlyn geregistreer het,

kan u fondse in u kind se rekening of kaart inbetaal.

Let wel:

Daar is ʼn maandelikse administratiewe fooi betaalbaar.

Voordele van die snoepiekaart

  • Kontantlose gerief
  • Daaglikse limiet kan geplaas word op besteding
  • Besteding kan gemonitor word

_________

Daar is vier bedieningspunte nl.

  • graad 1, 2 en 3
  • graad 4 en 5
  • graad 6 en 7
  • Bestellings

Etes is voor- en na skool beskikbaar.

Ouers kan lekker koffie en ’n ligte ete geniet,

terwyl leerders besig is met naskoolaktiwiteite

of tydens sportgeleenthede.

_________

Die spyskaart word van tyd tot tyd aangepas;

Tans bestaan die spyskaart uit:

ʼn Verskeidenheid roosterbroodjies

Gesondheidsetes

Burger en skyfies

Jaffles

ʼn Verskeidenheid warmdrankies

ʼn Verskeidenheid koeldranke en sap

ʼn Verskeidenheid ligte- en ander ontbyte

ʼn Verskeidenheid oop roosterbroodjies

Heerlike versnaperinge, lekkergoed, skyfies

en ander lekkernye word ook te koop aangebied.

_________

Ons leuse:

Vinnige, vriendelike diens!

 

Laai gerus hier ons spyskaart af: