Super 12 Redenaars

 

Gedurende 6 en 7 Maart 2020 het Laerskool Randhart aan die Super 12-redenaars te Laerskool Constantia Park deelgeneem teen 24 ander vooraanstaande skole.

Die struktuur van die interne uitdunne is reeds in 2017 aangepas en ons het weereens van hierdie resep gebruik gemaak. Uitdunne is per graad en in klasse gehou, dieselfde beoordelaars van 2017 is vir die interne uitdunne gebruik en ʼn prestige-redenaarsgeleentheid het plaasgevind in elke afdeling. Vir laasgenoemde is die kundigheid van Super 12-beoordelaars (dieselfde beoordelaars as 2017) ingeroep en redenaars in die gr. 4 tot 5 asook gr. 6 tot 7-afdelings moes ook ʼn vraag op die voet beantwoord na afloop van hul toesprake.

Die volgende redenaars het die skool tydens hierdie geleentheid verteenwoordig:

Gr. 1 – 3:       Mardi Barkhuizen

                   Amori van Vuuren

Gr. 4 – 5:      Taylin de Jong

                   Lienke Olivier

Gr. 6 – 7:      Mattéo du Preez

                   Nathan Pucjlowski

Gr. 7-span:    Megan Kruger

                   Ty Ax

                   Alex Pienaar

                   Dioné Steenkamp

Amori van Vuuren en Mardi Barkhuizen het in die gr. 1 tot 3-afdeling deurgedring na die finaal.  Mardi Barkhuizen het ʼn sesde plek behaal en Amori van Vuuren het ʼn vyfde plek behaal.

In die gr. 4 tot 5-afdeling het Lienke Olivier en Taylin de Jong deurgedring na die finaal.  Taylin de Jong het ʼn vyfde plek behaal.

Laerskool Randhart het algeheel vierde geëindig uit 24 skole in die Super 12-redenaars.

Al ons redenaars het net hulle beste voetjie voorgesit gedurende die naweek en die ouers was een en elkeen teenwoordig om hul eie kinders asook ander redenaars te ondersteun. Me. Gerber, me. Erasmus, wat as hulporganiseerder dien, asook me. Kitching was in alle lokale teenwoordig om ons redenaars aan te moedig, te ondersteun en geluk te wens.  Me. Kichenbrand, voorsitter van die Super 12-redenaars, het baie hard agter die skerms gewerk om ʼn sukses van hierdie geleentheid te maak en het die afrigters, personeel en redenaars goed gemotiveer.

----------------------------------------------------

Beplanning vir Super 12-redenaars 2021:

Al die onderwysers wat betrokke is tydens die graaduitdunne moet op ʼn kursus gaan, sodat hulle van die nodige kennis beskik veral ten opsigte van die struktuur van ʼn redenaarstoespraak.

Onderwysers moet ook tydens die uitdunne repliek lewer asook die leerders se tyd neem, aangesien dit ʼn probleem tydens interne aande was en baie leerders in die voet geskiet het.

Talentvolle leerders moet vroegtydig geïdentifiseer word, sodat die ouers gekontak kan word.

Daar sal seker gemaak word dat die spanredenaarstoespraak vroegtydig geskryf word (direk na die Suid-Gautengspanredenaarskompetisie).  Uitdunne vir die Super 12-span sal reeds binne twee weke na afloop van die Suid-Gautengspanredenaarskompetisie geskied, sodat ons vroegtydig uit die blokke kan spring.  Dankie vir me. Kichenbrand se insette en raad.

Wil ook graag ondersoek instel vir potensiële goeie skrywers.

 Finale puntestand

2019

Skool Punte
1.          Wierdapark 181
2.         Hennopspark 180
3.         Elarduspark 141
4.         Randhart 134
5.         Menlopark 130
6.         Kruinsig 120
7.         Constantiapark 113
8.         Goedehoop 108
9.         Vastrap 96
10.      Saamtrek 92
10.   Rustenburg 92
12.   Kollegepark 91
13.      Orion 78
14.      Kenmare 77
14.      Van Riebeeckpark 77
16.   Pietersburg 75
17.      Mooirivier 68
18.      Tzaneen 63
19.      Stephanus Roos 61
20.     Fontainebleau 45
21.      Middelburg 42
22.     Pietersburg-Oos 38
23.     J J v d Merwe

19