Skooldrag

Seuns

Somersdrag

Verkieslik vanaf 1 September tot 30 April – ouers kan egter hul diskresie gebruik met die oorskakeling van seisoene:

  • Grys kortbroek, blou kortmouhemp met skoolwapen op sak en grys kniekouse met rooi strepie.
  • Donkerblou skooltrui met rooi strepie om hals, oortrektrui, sweetpakbaadjie of winterbaadjie indien nodig.

 

Wintersdrag

Verkieslik vanaf 1 Mei tot 31 Augustus – ouers kan egter hul diskresie gebruik met die oorskakeling van seisoene:

  • Grys langbroek met swart belt (gewone silwer gespe), blou langmouhemp met wapen, skooldas en grys kouse.
  • Donkerblou skooltrui, oortrektrui, sweetpakbaadjie of winterbaadjie.
  • Geen gekleurde truie of windjakkers nie.

 

Skoene

  • Slegs swart toerygskoene, sonder dik sole (nie Dr. Martens nie).
  • Kaalvoet is in die somer toelaatbaar.

 

Hare

  • Ten alle tye skoon en netjies.
  • Die hare mag nie aan die agterkant van die kop (onder) dikker of langer as een sentimeter wees nie.
  • Hare mag nie agter tot teen die hempskraag strek nie.
  • Hare mag nie gekleur, gebleik of permanent gegolf word nie.
  • Hare mag nie gejel word nie.
  • Indien ’n kuif afgetrek word, mag die hare nie aan die wenkbroue raak nie.
  • Geen vreemde haarstyle, bv. “steps” en “undercuts” nie.

 

Algemeen

  • Seuns se naels moet skoon, kort en netjies wees.
  • Geen juwele of kettings nie. Slegs ’n horlosie en “SOS”-tekens is toelaatbaar.
  • Skoolklere moet heel, netjies, skoon en duidelik gemerk wees.
  • Geen LO-klere mag onder skoolklere gedra word nie.
  • Geen tatoeëermerke, tydelik of permanent, word toegelaat nie.

 

Dogters

Somersdrag

Verkieslik vanaf 1 September tot 30 April – ouers kan egter hul diskresie gebruik met die oorskakeling van seisoene:

  • Blou geruite rok met gordel en wit sokkies.
  • Lengte van skoolrok: Tien sentimeter vanaf vloer, gemeet in knielende houding.
  • Donkerblou skooltrui met rooi strepie om hals of sweetpakbaadjie, oortrektrui, sweetpakbaadjie of winterbaadjie indien nodig.
  • Kort, donkerblou “ski pants” is toelaatbaar – nie uitsteek onder soom nie.
  • Nie wit “secret socks” nie.

 

Wintersdrag

Verkieslik vanaf 1 Mei tot 31 Augustus – ouers kan egter hul diskresie gebruik met die oorskakeling van seisoene:

  • Blou langmouhemp met skoolwapen en skooldas.
  • Graad 1 tot 7 grys langbroek met swart belt (gewone silwer gespe).
  • Grys kouse of sokkies.
  • Kort wit sokkies mag slegs by somersdrag gedra word.
  • Donkerblou skooltrui, oortrektrui, sweetpakbaadjie of winterbaadjie.
  • Geen gekleurde truie of windjakkers nie.

 

 

 

Skoene

  • Plat, swart gespe-skoene (bandjie oor brug), verkieslik sonder patrone, toerygskoene, geen dik sole nie.
  • Kaalvoet is in die somer toelaatbaar.

 

Hare

  • Ten alle tye skoon en netjies.
  • Sodra die hare oor die hempskraag hang of langer as die bo-punt van die skouer teen die nek is, moet dit vasgemaak word.
  • Hare mag nie gekleur, getint of permanent gegolf word nie.
  • Geen vreemde haarstyle nie, bv. “stertjies” by kort hare word nie toegelaat nie.
  • Geen jel of ander haarstileringsprodukte mag gebruik word nie.
  • Geen kuiwe mag aan die wenkbroue raak nie.
  • Kuiwe mag ook nie teruggekam word nie.
  • Slegs rooi, donkerblou of wit linte asook silwerkleurige en rooi of blou haarknippies mag in die hare gedra word. Ander haarvasmaakmiddels moet liefs naweke gedra word.

 

Naels

  • Moet kort, netjies en skoon wees.
  • Kleurlose naellak mag gebruik word.

 

Juwele

  • Slegs een seëlring is toelaatbaar.
  • Geen ander juwele, hangertjies, kettings of armbande nie.
  • ’n Horlosie en “SOS”-teken is toelaatbaar.
  • Slegs een stel oorbelle mag gedra word, net “studs” sonder steentjies of klein ronde ringetjies sonder ’n “aanhangsel” daaraan.

 

 

Algemeen

  • Alle leerders se skoolklere moet netjies, heel, skoon en duidelik gemerk wees.
  • Geen grimering word toegelaat nie.
  • Geen LO-klere mag onder skoolklere gedra word nie.
  • Geen tatoeëermerke, tydelik of permanent, word toegelaat nie.
  • Leerders mag op hul verjaardag gewone klere aantrek.

 

**Vir seuns en dogters: geen versierings of ander wapens as die goedgekeurde balkies mag aan skoolklere gespeld word nie.

 

Leweransiers

Die leweransiers van Laerskool Randhart se skoolklere is Select Centre, Bracken City Shoe Centre en Simply School.

 

KDA- en atletiekdrag

Somer

  • Graad 1 – 3 kom op KDA-dag met KDA-drag (navy en rooi broekie en hempie) en kaalvoet skool toe.
  • Graad 4 – 7 trek ’n sweetpak bo-oor KDA-drag aan met skoolskoene.

 

Winter

  • Graad 1 – 7 trek ’n sweetpak bo-oor KDA-drag aan met skoolskoene. Die winterbaadjie kan ook gedra word.
  • Tekkies word saamgebring skool toe en word aangetrek as dit KDA-periode is.