Laerskool Randhart is optimaal ontwikkel om in al ons behoeftes te voorsien: 2 rugbyvelde met genoegsame pawiljoene, 2 krieketvelde met turfblaaie, 5 weervaste netbalbane, 3 weervaste tennisbane, 'n 400m atletiekbaan met spreiligte, 'n tartan-aanloopbaan by beide verspringputte, uitstekende toerusting vir alle sportsoorte en 'n afdak waar sportoefeninge kan voortgaan op reënerige dae asook waar die KDA-program aangebied kan word.

‘n Ultra-moderne rekenaarsentrum met internettoegang.

Interaktiewe onderrig in alle klasse. 'n Rekenaar, witbord, projektor, klank en internettoegang.

2 Klasse is reeds toegerus met interaktiewe raakskerms.

‘n Snoepwinkel met 'n koffiewinkel.

'n Veeldoelige lokaal by ons sportgronde.

'n Spankamer waar sportspanne kan verklee, motivering asook opwarming kan plaasvind.

Hier by Laerskool Randhart word die belange van ons leerders eerste gestel; dus is uitmuntende fasiliteite en toerusting ononderhandelbaar.