Word Deel

Ons as Voortrekkers is ʼn Moderne Afrikaanse Kultuurbeweging wat in besonder ons Afrikaanse jeug wil bemagtig deur ons jeug te help ontwikkel om positiewe Burgers en volhoubare Christene te wees om so doende Diensbaar te wees om ons as Afrikaners se toekoms Vorentoe te kan bou.

Ons bied jou kind die geleentheid om:

  • Avontuur in die natuur te beleef,
  • Te leer van ons moderne Afrikanerskap,
  • Praktiese Christenskap te ervaar, en
  • Basiese vaardighede te ontwikkel met tot 92 verskillende kentekens.
  • Pret te hê saam met hul gesin en spanmaats in ʼn veilige omgewing.

As ouer is dit belangrik om te weet dat Voortrekkers

  • Jou kind toerus met ʼn ABCD – Afrikanerskap, Burgerskap, konsekwente Christenskap en Diensbare Leierskap. Kritiese vaardighede vir die besigheidswêreld van môre.
  • Jou as ouer ook betrokke maak om saam met jul kinders avontuur te kan beleef in ʼn gebalanseerde en waardegedrewe ruimte.
  • Jou kind se selfvertroue ontwikkel deur hulle veilig bloot te stel aan onvergeetlike ervarings.

Span Byeenkomste

Spanne kom gemiddeld vir 1 uur bymekaar  by die skool. Byeenkomste is gewoonlik op Vrydae van 17:00 tot 18:00

Kommando Byeenkomste

Verskeie voortrekker kommando byeenkomste word deur die jaar gereël.

Hoe om deel te word

Kontak gerus

Louwrens Pretorius ( Veldkornet)

082 574 5205