Skaak – Die spel van konings

Skaak is ʼn spel waarin opponente mekaar respekteer, omdat albei bereid is om die spel te speel in al sy fasette en binne die vasgestelde reëls.

By Laerskool Randhart word daar aan elke leerder vanaf graad 1 – 7 die geleentheid gebied om skaak speel. Alle leerders is welkom om aan die interne skaakkampioenskappe, wat in die eerste kwartaal plaasvind, deel te neem. Hierdie kampioenskap vind plaas in graadverband wat beteken dat leerders slegs teen iemand in hul graad speel om uiteindelik ʼn wenner en naaswenner in elke graad te bepaal.

Na die kampioenskappe is alle leerders welkom om die skaakklasse op Donderdagmiddae van 14:00 – 15:00 te kom bywoon. Tydens hierdie klasse leer ʼn ervare skaakpersoon aan leerders verskeie skaaktegnieke om sodoende hul spel te verbeter.

Uit die leerders wat wel aan die interne skaakkampioenskappe deelgeneem het en ook Donderdagmiddae se lesse bywoon het, word daar ʼn Super 12-skaakspan gekies om Laerskool Randhart gedurende Mei te verteenwoordig by die jaarlikse Super 12-kompetisie te Groenkloofkampus in Pretoria. Die spanne word soos volg saamgestel: Elf spelers in ʼn juniorspan (Graad 2 tot 4-leerders) en elf spelers in ʼn seniorspan (graad 5 tot 7-leerders.

Skaakspelers neem ook jaarliks deel aan ʼn skaakliga (nou bekend as die jaarlikse skaaktoernooi) en alle leerders is welkom om hieraan deel te neem.

Daar is gedurende die jaar talle ander geleenthede waar skaakspelers aan addisionele kompetisies kan gaan deelneem.

Leerders word ook aangemoedig om by Ekurhuleni Chess (die Ekurhuleni-klub) aan te sluit en sodoende ʼn kans te staan om hul Ekurhuleni-kleure in skaak te verwerf.

Skaakverslag 2019:

  • Internekampioenskappe: 52 leerders het op 17 en 24 Januarie 2019 deelgeneem en die uitslag was as volg:
Graad Wenner Naaswenner
1 Jan-Dawid Du Plessis Ruben Vermaak
2 Johan Uitenbogaardt Ronin Herbst
3 Allan Gibbens Milan de Jager
4 Lorent de Jager Lienke Olivier
5 Mondré Visagie Johannes Gibbens
6 Janru Botha Kian Willemse
7 Coenraad Olivier Carel van der Merwe
  • Skaaktoernooi:
Fase Naam Posisie
Junior
Intermediêr
Senior

Super 12-skaak 2018

Finale uitslae

Juniorafdeling Seniorafdeling
1 Fontainebleau 41½ 1 Wierdapark 36
2 Wierdapark 31½ 2 Menlopark 33½
3 Constantiapark 31   3 Rustenburg 29½
4 Pietersburg-Oos 28½   4 Constantiapark 29½
5 Elarduspark 28½   5 Fontainebleau 29
6 Pietersburg 28   6 Mooirivier 29
7 Randhart 27½   7 Middelburg 29
8 Menlopark 27½   8 Pietersburg-Oos 28½
9 Kruinsig 27½   9 Elarduspark 28½
10 Mooirivier 27½   10 Hennopspark 27
11 Vastrap 27   11 Pietersburg 27
12 Middelburg 26½   12 Randhart 26
13 Hennopspark 26½   13 Vastrap 25
14 Saamtrek 26 14 Tzaneen 23
15 Orion 25½ 15 Goedehoop 21½
16 Goedehoop 21 16 Van Riebeeckpark 21
17 Tzaneen 21   17 Kruinsig 20½
18 JJ van der Merwe 20   18 JJ van der Merwe 20½
19 Kenmare 18½   19 Orion 20
20 Rustenburg 18 20 Stephanus Roos 16
21 Van Riebeeckpark 14 21 Saamtrek 15
22 Stephanus Roos 7 22 Kenmare 15
SPANKOMPETISIE
1 Fontainebleau 70½
2 Wierdapark 67½
3 Menlopark 61
4 Constantiapark 60½
5 Elarduspark 57
6 Pietersburg-Oos 57
7 Mooirivier 56½
8 Middelburg 55½
9 Pietersburg 55
10 Hennopspark 53½
11 Randhart 53½
12 Vastrap 52
13 Kruinsig 48
14 Rustenburg 47½
15 Orion 45½
16 Tzaneen 44
17 Goedehoop 42½
18 Saamtrek 41
19 JJ van der Merwe 40½
20 Van Riebeeckpark 35
21 Kenmare 33½
22 Stephanus Roos 23

Uitslag van skaaktoernooi:

  • Seniorspan = 10 + 1 reserwe
Rondte
1 Randhart 5 - 5 Mooirivier
2 Randhart 7 - 3 Goedehoop
3 Randhart 2 - 8 Wierdapark
4 Randhart 8 - 2 Van Riebeeckpark
5 Randhart 4 - 6 Pietersburg-Oos
Randhart Punte = 26

Seniorspan is bordwenners:

Bord 4 - Heindrich Jansen Gr.7

Bord 6 - Arno de Jager Gr.7

  • Juniorspan = 10 + 1 reserwe
Rondte
1 Randhart 6.5 - 3.5 Hennopspark
2 Randhart 8 - 2 Van Riebeeckpark
3 Randhart 2.5 - 7.5 Middelburg
4 Randhart 5.5 - 4.5 Pietersburg-Oos
5 Randhart 5 - 5 Pietersburg
Randhart Punte = 27.5

Juniorspan is dan bordwenners:

Bord 2 - Mondré Visagie

 

Personeel verantwoordelik: