Dramaklub

Die dramaklub by Laerskool Randhart, DramaRama, word privaat bedryf en belangstellende leerders vanaf graad 1 tot 7 kan aan hierdie kreatiewe groepsdramaklasse deelneem. Daar word gefokus op die ontwikkeling van selfvertroue, kreatiwiteit, kommunikasievaardighede talent, groepsdinamika, verbeelding, taalvaardigheid en redevoering. Alle klasse vind in ʼn onkritiese omgewing plaas.

Die klasse word aangebied deur Carla Beukes wat ʼn gekwalifiseerde fasiliteerder, met ʼn lisensiaat in Spraak en Drama, is.

Leerders neem jaarliks deel aan die Alberton Eisteddfod, ATKV-geleenthede asook verskeie ander spraak en dramakompetisies.

Klasse begin amptelik in Januarie in die skoolsaal met 3 uurlikse sessies op Maandagmiddae vanaf 13:10 tot 16:00. Leerders hoef nie noodwendig op die uur in te skakel nie, maar kan aansluit wanneer hul ander aktiwiteite afgehandel is.

Vir verdere besonderhede of om by DramaRama aan te sluit, kan Carla Beukes by 082 613 8446 of carla.dramarama@gmail.com gekontak word.