NUUSBRIEWE

Ek hoop u het ʼn heerlike rustydperk saam met u families geniet. Ten spyte daarvan dat die 2021 jaar met ʼn yslike spoedhobbel begin het, wil ek nog steeds vir u elkeen voorspoed en seën vir 2021 toewens en ek weet dat ongeag wat ons nou ervaar, die son weer sal skyn en die skool binnekort weer sy deure sal oopmaak. Lees verder

In ʼn oogwink lê Januarie 2021 bykans op sy rug en tog voel dit asof die jaar nog steeds nie aan die gang wil kom nie. Ongelukkig is daar niks wat ons nou in hierdie veranderde omstandighede kan doen nie, behalwe om elke dag met dankbaarheid en entoesiasme aan te pak! Daar is ook onsekerheid by ouers en derhalwe sal ek poog om met hierdie skrywe onsekerhede aan te spreek ten einde ook kalmte en rustigheid by u tuis te bring. Lees verder

Ek glo dat u, soos die Rantie-personeel, nie meer kan wag om ons leerders terug te verwelkom by die skool nie. ‘n Skool sonder sy kinders is soos jellie sonder vla, brood sonder konfyt, vinkel sonder koljander en so kan die lysie aangaan. Alhoewel hierdie COVID-pandemie en gepaardgaande inperkingsvlakke ons alledaagse lewe beïnvloed, kan ons nog steeds nederig dankbaar wees vir dit waarmee ons geseën is. Lees verder