MENTAL MATHS

Die Grondslagfase neem jaarliks deel aan die "Mental Maths Challenge", indien dit deur die distrik aangebied word.

WISKUNDE OLIMPIADE

Laerskool Randhart neem jaarliks deel aan die Wiskunde Olimpiade vir Gr. 4 - 7, wat deur die Distrik georganiseer word.

Die Olimpiade behels aktiwiteite wat handel oor die vier hoofbewerkings (+ ; - ; x en ÷) en probleemoplossing.

Die beste leerders in elke graad verteenwoordig die skool tydens die "Cluster" Olimpiade. Wenners van die "Cluster" Olimpiade sal dan weer verder deelneem aan die Distrik Olimpiade asook die Provinsiale Olimpiade.