Die skool waar ‘ONS GLO’ dat elke leerder waardevol en kosbaar is. Gesonde verhoudings en openhartige kommunikasie vind aanklank by al ons rolspelers en vennote. Hier word elke leerder se suksesse gevier en uitdagings oorwin.
Elke leerder groei en ontwikkel binne ’n waardesisteem van
uitnemendheid,
regverdigheid,
integriteit
en respek.
‘ONS GLO’ dat ’n veilige en geborge omgewing, waar akademiese uitnemendheid hoogty vier, ons leerders die waagmoed bied om elke dag en die toekoms met dapperheid en selfversekerde oorgawe aan te pak.
Rantie-leerders sal altyd...
aanhou probeer!
Glo hulle kan!
Elke dag sien as 24 uur vol eindelose geleenthede!
’n Rantie loop elke nuwe dag trompop en uitbundig tegemoet met die woorde:
‘VAT SO!’